CrimeNews

AfriForum-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum-buurtwag spoor gesteelde voertuie op

AfriForum se buurtwagte in Argent, Delmas, Eloff, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg (buurt- en plaaswag), Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton en Witrivier het op 13 Maart in hul onderskeie gebiede aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog.

Volgens ’n persverklaring van dié burgerregte-organisasie, is die patrollie in samewerking met die polisie, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), gemeenskapslede, verskeie veiligheidsmaatskappye en -instansies uitgevoer.

Die Standerton-buurtwag het sukses behaal deur twee gesteelde voertuie terug te vind.

Altesaam 324 patrolleerders, wat die veilgheidsmaatskappye en -instansies uitsluit, het 6 597km met 202 voertuie afgelê.

Die patrollie het van 4nm tot 6vm geduur waartydens hulp verleen is met dronkbestuurvoorvalle, diefstal, poging tot huisbraak en verskeie motorongelukke.

“Mpumalanga-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies organiseer om misdaad, in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstansies, hok te slaan en veiligheid te bevorder,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, gesê.

 

Die patrollie is in samewerking met die polisie, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), gemeenskapslede, verskeie veilgheidsmaatskappye en -instansies uitgevoer. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button