CrimeNews

Rolspelers werk saam om drie verdagtes aan te keer

Voertuigsleutels, vier selfone, ’n beursie met bankkaarte, sewe bottels whiskey en twee bottels konjak is in hul besit gevind.

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 22 Maart, in samewerking met die polisie en Kasselman Veiligheidsdienste (KVD), drie verdagtes vasgetrek nadat ’n buurtwaglid ’n verdagte Volkswagen Polo op die Morgenzon/Standerton-pad opgemerk het.

Dié motor is vroeër vandeesmaand op veiligheidsgroepe as verdag aangemeld en die verdagtes is na bewering by kaartkloning betrokke.

Die lid het die buurtwag, polisie en KVD in kennis gestel en die voertuig na Standerton gevolg.

Buurtwaglede, die polisie en KVD het op sleutelpunte waggestaan terwyl hulle inligting van die buurtwag opgevolg het.

Die voertuig is vasgetrek en die verdagtes in hegtenis geneem.

Voertuigsleutels, vier selfone, ’n beursie met bankkaarte, sewe bottels whiskey en twee bottels konjak is in hul besit gevind.

Volgens AfriForum, word dié alkohol met ’n saak op Ermelo verbind nadat daar verlede Saterdagaand by ’n restaurant ingebreek is.

“Ons bedank die polisie en Kasselman Veiligheidsdienste op Standerton vir hul samewerking,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

“Dié samewerking is noodsaaklik om inwoners se veiligheid te verbeter.”

Altesaam 11 lede van dié buurtwag het ook op 21 en 22 Maart taktiese opleiding ontvang waartydens hulle geleer het hoe om hulself in ’n voertuig te beskerm, hoe om op te tree by ’n ander voertuig en hoe om ’n inhegtenisneming uit te voer.

Die lede is voorts opgelei hoe om op te tree by ’n huis waar ’n voorval plaasgevind het.

“Die tegnieke wat geleer is, is sinvol en gaan beslis verder tot die beveiliging van die omgewing bydra,” het mnr. Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag, gesê.

Die alkohol wat in verdagtes se besit gevind is. (Foto; Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button