Fondsinsameling gehou vir bestryding van hiasinte op Bronkhorstspruitdam
In eerste plek was Kiewiet en Alida Pretorius en Henri en Wilna Vercuil.
Baja Care van Bronkhorstspruitdam het op 25 Mei ’n pottjiekoskompetisie gehou om geld in te samel vir die bestryding van hiasinte op die Bronkhorstspruitdam.
In eerste plek was Kiewiet en Alida Pretorius en Henri en Wilna Vercuil. In tweede plek was Ben en Isabella Myburg en Colin en Melani Thomson en in derde plek was Kevin en Soneen Fisher.
Daar was verskeie pryse – van koek tot biltong. Hendrik en Charlett Goss het die kompetisie gereël.
Die hiasinte op die Bronkhorstspruitdam het wel onlangs begin afgeneem danksy die super-goggas wat op die hiasinte vrygelaat is.
Dié insekte is slegs ‘n paar maande gelede vrygestel en hul teenwoordigheid toon reeds ‘n verskil in die groei van dié indringerplane.







