Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Bronkies wen albei tuis wedstryde teen Eersterust

Bronkies se eerste span het in die koue en wind gespeel en hul wedstryd met ’n telling van 37-5 gewen.

Die Bronkhorstspruit Rugbyklub se twee spanne het op 8 Junie hul ligawedstryde teen Eersterust gewen.

Die wedstryde is op die veld van die Bronkhorstspruit Sport Sentrum beslis. Dit was vanaf vroeg in die spel duidelik dat Bronkies op die veld was met die doel om te wen.

Die tweede span het hulle wedstryd met ’n telling van 42-3 gewen. Bronkies se eerste span het in die koue en wind gespeel en hul wedstryd met ’n telling van 37-5 gewen.

Die spel was goed bestuur en daar was ook goeie kommunikasie tussen die spelers.

First Care nooddienste moes ’n speler van Eersterust ná ’n ernstige besering stabiliseer terwyl hulle op ’n ambulans gewag het.

Bronkies Rugbyklub het nou ’n rusperiode van vyf weke sodat spelers kan herstel van hulle beseerings.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button