Kroonblare vier Vrouedag met ’n spesiale dogtersdag op Bronkhorstspruit
Die dogters het geleer naaldwerk doen, boekoortreksels verf, kos maak en knoop-en-doop hempde te maak.
Die VLU se Kroonblaartak op Bronkhorstspruit het die dogters van Loerie Huis met ’n spesiale dogtersdag op 17 Augustus ter viering van Vrouedag bederf .
Die dogters het geleer naaldwerk doen, boekoortreksels verf, kos maak en knoop-en-doop hempde te maak.
Hulle het agter naaldwerkmasjiene ingeskuif om haarbykomstighede (scrunchies) vir die poniesterte te maak, en die VLU-lede het hulle ook gewys hoe om die perfekte spaghetti bolognaise te maak.
Na middagete het die dogters hul eie knoop-en-doop hempde gemaak.
“Dit was ‘n genotvolle dag met mense wat omgee en kinders wat dit geniet om iets nuuts te leer,” het Annatjie Lindsay van die Kroonblaar-tak vertel.
Sally Ferreira, voorsitter van die Overvaalstreek, was die spesiale gas van die dag.
LEES OOK: Shack fires in eMbalenhle claim three lives
LEES OOK: AfriForum besoek Bethal Vullisterrein






