Local newsNews

Sanger van Secunda stel nuutste enkelsnit vry

Kyk Volkleurlewe op YouTube.

’n Plaaslike sanger, Rhona van Niekerk se nuutste lied, Volkleurlewe, is op 12 November by ’n klein geleentheid bekendgestel.

Sy het ’n aand gereël waar vroue wat entrepreneurs is, bymekaar kon kom, saam kon kuier en lag, en mekaar inspireer.

Van Niekerk het dié lied vir die bekende motiveringsspreker, Lynette Beer, gekryf, wat oor die vier kleure praat wat mense se persoonlikhede voorstel.

“Ek het ’n spesifieke visie vir vanaand gehad; dit gaan oor meer as net ’n musiekvideo,” het Van Niekerk gesê.



“Dit gaan daaroor om daardie volkleur-vrou te wees wat jy gemaak is om te wees. Ons almal gaan deur seisoene en het verskillende uitdagings. In die seisoen waarin jy nou is, leef steeds jou rede en ontdek jy jou volkleur.”

Van die vroue het die geleentheid aangegryp om iets te sê en mekaar te bemoedig.

Danelle van der Watt, bemarkingsbestuurder van Secunda Mall, het die vroue meer vertel van die reuse Kersboom by die inkopiesentrum wat vanuit gehekelde blokkies gemaak is.

Nicolene Vere-Russel, wat betrokke is by die Groenstrook Gabbas wat weekliks die groenstroke skoonmaak en grassny, het vertel hoe sy deur middel van haar kind weer haar lewe in volkleur kon sien en leef.


LEES OOK: Aftreeoord op Standerton ontvang groot skenking


Janda Verhoef meen net saam met Jesus kan ’n mens ’n volkleurlewe leef.

“God roep ons om Hom te vertrou en in gehoorsaamheid te leef,” het Verhoef gesê.

Liné de Vries van die nie-winsgewende organisasie, Tree Seeds Foundation, het getuig hoe die Here deur ’n Amerikaanse vrou genoeg geld in Tree Seeds se rekening inbetaal het sodat hulle 30 kleuterskoolonderwysers vir opleiding kan stuur.

Sulette Raffenberg, onderwyser en voorkomskonsultant, het gesê soms probeer die vyand by ’n mens steel en vertel jou jy is nie goed genoeg nie.


LEES OOK: Dra Mekaar members get merry in Secunda at final meeting of 2025


Sy het geleer hoe om dié uitdagings in haar lewe te oorkom.

Lindie Smit, liggaamsbouer en haarkapper, het vertel hoe sy baie dinge in haar lewe gedoen het omdat sy leeg gevoel het en dat God mense nie gemaak het om moeg, siek of leeg te voel nie.

“Begin klein, een gesonde keuse op ’n dag, drink meer water, of gaan stap ’n kort entjie,” het Smit gesê.

Ronél Sadie, sielkundige, het gesê mense word dit waaraan hulle hulself die meeste blootstel en dat dit belangrik is om ag te slaan op wat ’n mens kyk of luister.


LEES OOK: Grade 7 boy from Standerton is the best mathematics learner in South Africa


Amanda Haywood van River of Love Ministries en God’s Gifts-geskenkwinkel het gesê elke vrou het ’n spesifieke doel waarvoor God hulle gemaak het. Die verskillende kleure verteenwoordig vir haar onder meer tevredenheid, hoop, energie en dankbaarheid.

Chantél Rottcher, fotograaf en voorkomskonsultant, het gesê sy het op die ouderdom van 35 ’n model vir groter klere geword. Sy het vertel hoe sy vir ’n modelkompetisie op Facebook ingeskryf het en vanuit 200 vroue onder die top 10 geëindig het.

“Ek het besef dit kon net die Here wees wat dit moontlik gemaak het,” het sy gesê.

Janine van Wyk, radio-omroeper by Radio Kragbron, het vertel hoe sy besluit het om iets vir haarself te doen en haar voltydse werk gelos het om haar passie uit te leef deur ’n entrepreneur te word.



Dr Mia van Wyk het met die vroue oor gesondheid gepraat en gesê voorkoming is altyd beter as genesing.

Francis Grobler, digter en skrywer, wat vir Van Niekerk gehelp het om Volkleurlewe te skryf, het die lied voorgelees en gesê toe sy vir Van Niekerk die eerste keer gehoor sing het, was sy nog op skool.

“Toe het ek reeds geweet sy het dit,” het Grobler gesê.

Die vroue het saam die musiekvideo gekyk en die aand afgesluit met koffie en ’n volkleur-koek.

Volkleurlewe is Vrydag op alle digitale platforms vrygestel. Kyk die amptelike musiekvideo hiér:


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button