Chantel ding mee vir Mevrou Suid-Afrika Kurwes-titel
Stem vir Secunda-fotograaf om kroon huis toe te neem.
SECUNDA – Chantél Rottcher (35) is as een van die semi-finaliste vir die Mevrou Suid-Afrika Kurwes-kompetsie gekies.
Dié fotograaf en boorling van Secunda, het verlede jaar die kompetisie om die klerereeks, Loka, se model vir groter klere te wees en vir ’n jaar en ’n half as die nasionale klere-model opgetree.
Sy is steeds die ambassadeur vir die Loka-winkel op Drie Riviere se klere.
Rottcher glo dit het die geleentheid om vir die Mevrou Suid-Afrika Kurwes-kompetisie in te skryf, op haar pad
gebring.
“Die ervaring om ’n ambassadeur vir Loka te wees, het my voorberei vir die Mevrou Suid-Afrika Kurwes-geleentheid,” het Rottcher vertel.

Rottcher onthou hoe sy in 2024 gebid het en die Here gevra het om haar ’n platform te gee waar sy meer vroue kan bereik.
Sy onthou ook hoe sy in 2017 vir haar ma ’n brief gewys het wat sy as kind geskryf het en weer ontdek het in 2017 waar sy geskryf het sy wil eendag aan die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie deelneem.
“Nou amper 20 jaar later, word dié droom wat ek as kind gehad het en al van vergeet het, waar.
“Hierdie is vir my ’n geestelik reis ook. Ek het besef dat al is ’n mens in die wêreld se oë nie perfek nie, God kan ’n mens steeds gebruik.
“Ek het nooit gedink ek sal op 35 aan ’n Mevrou Suid-Afrika-kompetisie deelneem en as een van die semi-finaliste gekies word nie.
“Die Here is so getrou dat Hy ’n mens se drome en passies gebruik en my die geleenthede gee om die mens te wees wat Hy my gemaak het om te wees.”

Rottcher glo Loka was net die begin van dit en die Mevrou Suid-Afrika Kurwes, is die platform waarna sy gesoek het.
Voordat sy in in Maart as een van die semi-finaliste aangekondig is, het daar ander geleenthede ook op haar pad gekom en sy het op 11 April ’n hele saal vol vroue toegespreek en haar getuienis gedeel tydens Laerskool Secunda se vroue-oggend.
Sy het laas jaar die geleentheid gekry om in die Secunda-sanger, Rhona van Niekerk, se musiekvideo, Volkleurlewe ook te verskyn.
Om ’n semi-finals vir Mevrou Suid-Afrika Kurwes te wees, behels dat Rottcher weekliks werkswinkels, kursusse en ander geleenthede moet bywoon.
As dit haar nie besig hou nie fokus sy op haar fotografie-besigheid, Liefing Fotografie of op haar ander besigheid as voorkomskonsultant Liefling Image Consulting wat sy vroeg vanjaar begin het.
Rottcher geniet dit om vroue te help om hulself van binne en buite te leer liefhê, mooi te lyk en om te laat goed voel oor hulself.
Sy bestee ook graag tyd saam met haar man, Reino Rottcher en die paartjie se twee dogters, Danélle (10) en Miané (8).
Om vir Rottcher te stem om verder te vorder in die Mevrou Suid-Afrika Kurwes-kompetisie, stuur ’n SMS met die woorde: ‘VOTE CHANTEL’ na 35180.
’n SMS kos R3 en gratis SMS’e is nie van toepassing nie. Die stemlyn het op 1 April oopgemaak en inwoners kan tot einde Junie vir Rottcher stem.



