Local newsNews

Danie neem beste foto

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 8 Mei by te woon.

SECUNDA – Danie Smit het die beste foto ingeskryf in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms op 17 April.

Smit se foto, Spiertiere, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling wat ‘Motion’ was vir April, het hom ook ’n sertifikaat van meriete besorg.

Hy het ook sertifikate van meriete vir sy ander foto’s, Snoetkat, in die pikturale afdeling, Myrtha and the Wilis in die fotojoernalistieke afdeling en Jewish Spiral Steps in die tweekleurige foto-afdeling ontvang.

Dr. Leon Pelser se foto, Dusty Game, in die pikturale afdeling, het hom die eerste plek onder die senior fotograwe besorg en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Sussa Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Curly Wig, in die pikturale afdeling, ontvang. Foto: Sussa Pelser

Hy het ook sertifikate van meriete vir sy foto’s, Flying Owl in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling ontvang en Emotional in die tweekleurige foto-afdeling.

Yolandi Geyser se foto, Watcher in the Dark, in die pikturale afdeling, het haar die beste fotograaf onder die junior fotograwe gemaak en sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Geyser het behoorlik uitgeblink en ook sertifikate van meriete vir haar foto’s, Raw Moment, in die voorgeskrewe onderwerp, Silent Grace, en Veil of Feathers, beide in die tweekleurige foto-afdeling, en Mutual Trust, in die natuurafdeling, ontvang.

Louis van der Walt het ook goed gevaar en sertifikate van meriete vir sy foto’s, Praying Mantix X Mouth, en D Cape Vulture, beide in die pikturale afdeling en Tugela Gorge 1, en 6s Tugela River 1, beide in die landskapafdeling, ontvang.

Edmund Hattingh het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Kom Jy Regtig by my Sit, in die natuurvoëlsafdeling, ontvang. Foto: Edmund Hattingh

Sussa Pelser het sertifikate van meriete vir haar foto’s, Curly Wig, in die pikturale afdeling en Moth on Yellow Flower en Bee Enjoying Pollen, beide in die natuurafdeling, ontvang.

Edmund Hattingh het ook presteer en sertifikate van meriete vir sy foto’s, Kom Jy Regtig by my Sit, in die natuurvoëlsafdeling, en Wegkruipertjie, Death Look, en Hou Kop Bo Water, al drie in die natuurafdeling, ontvang.

Stian Griffen het ook uitgeblink en sertifikate van meriete vir sy foto’s, The Quiet Queen in die natuurvoëlsafdeling, Padlangs, in die landskapafdeling, Shadow and Spirit, in die tweekleurige foto-afdeling, en Die Groen Jagter, in die natuurafdeling, ontvang.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete ontvang het, is Lorraine Botha vir haar foto’s, Flying Miracle, in die voorgeskrewe ondewerpafdeling, Show Off Duck, in die natuurvoëlsafdeling, en Beauty in the Veld in die natuurafdeling, Peter Winnan vir sy foto’s, Lions Drinking, in die tweekleurige foto-afdeling en African Lions, in die natuurafdeling, Johan Viljoen vir sy foto, Not Eaten, in die pikturale afdeling en Piet Potgieter vir sy foto, Nie Meer Met Ons Nie, in die fotojoernalistieke afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 8 Mei om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.


Dr. Leon Pelser se foto, Dusty Game, in die pikturale afdeling, was die beste onder die senior fotograwe en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang. Foto: Dr. Leon Pelser
Dr. Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Flying Owl in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, ontvang. Foto: Dr. Leon Pelser
Louis van der Walt het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Tugela River 1, in die landskapafdeling, ontvang. Foto: Louis van der Walt

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button