Terra Nova Aftree-oord in Trichardt gee terug en bied potjiekoskompetisie aan
n Potjiekoskompetisie, ten bate van die aftree-oord, vind op 16 Mei by Lake Umuzi se Kamp Oase plaas.
Die inwoners van die Terra Nova Aftree-oord het op 17 April hul harte oopgemaak en as deel van ’n projek van die Mevrou Suid-Afrika semi-finalis, Janine van Wyk, uitgereik na die House of Mercy Hospies.
Die aftree-oord het mediese beddens en ander noodsaaklike items aan die hospies geskenk en Shirley Coetzer van House of Mercy het dit in ontvangs geneem.
Die bestuurspan van die aftree-oord het pastoor Sakkie Roux en Attie Lategan van Aukah Bedieninge vir hul bereidwilligheid om die beddens te vervoer, bedank.
Hulle het ook vir Carl Greyling, Lona Mbhebeza en Siphewe Madzwili, wat gehelp het om die beddens te laai, bedank.

’n Potjiekoskompetisie, ten bate van die aftree-oord, vind op 16 Mei by Lake Umuzi se Kamp Oase plaas.
Inskrywingsgeld beloop R500 per span wat bestaan uit vyf lede en kunstenaars wat Fatman, Armand Hofmeyer en Anton Fichat insluit, gaan optree.
Daar gaan ook uitstallings van ou motors en motorfietse wees en stalletjies is beskikbaar teen R200 per stalletjie.
Vir meer inligting, skakel Letitia Erasmus by 064 523 2450.




