Floris Steenkamp van Revving Events het onlangs ’n motorskou by Grasslands in Bethal aangebied en motor geesdriftiges kon met hul motors spog.
Tydens die Sound Off-kompetisie is die motors se klank getoets en die een met die beste klank het ’n prys gewen.
In die Show & Shine-kompetisie is die motors op hul voorkoms beoordeel en wat alles daaraan gedoen is om dit mooier te maak.
In die Dyno-kompetisie is die sterkte drie petrol- en diesel motors onderskeidelik aangewys en daar was ook stalletjies en genoeg vermaak vir die kleinspan.
Die Dirty Deeds Crew-groep het met die meeste trofees weggestap.
Steenkamp het Grasslands bedank wat die plek beskikbaar gestel het.



