Local newsSchoolsStreeknuus

Heidi Kleuterskool op Delmas speel-speel in ’n regte plaas omskep

“Die groot hoogtepunt van die oggend se gebeure was dat elke Heidi-maat op onderskeidelik ’n ponie of donkie op die terrein kon rondrits.”

Die laaste week in Julie was die tema by Heidi Kleuterskool op Delmas dié van plaasdiere.

Dit kon dus nie anders nie, die perseel moes ’n plaas word. Tydelike kampies was deur Heidi opgeslaan met ’n verskeidenheid van plaasdiere soos varke, beeste, hoenders en vele meer daarin en The Farm Corner het 25 Julie by die skool kom kuier.

“The Farm Corner se mense het vir die maatjies meer omtrent plaasdiere vertel, hulle kon aan die diere voel en hulle ook voer,” het die skoolhoof Riëtte Wheller vertel.

Volgens Wheller was die opgewondenheid onder die kleuters aanvoelbaar.

“Die groot hoogtepunt van die oggend se gebeure was dat elke Heidi maat op onderskeidelik ’n ponie of donkie op die terrein kon rondrits,” het sy gesê.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button