Local news
SAVF op Standerton bied markdag aan
Volgens Jeanette Roberts, word riglyne van die Departement van Sosiale Ontwikkeling gevolg om dié dag aan te bied.
Die SAVF op Standerton het op 10 Augustus ’n mark aangebied.
Volgens Jeanette Roberts, word riglyne van die Departement van Sosiale Ontwikkeling gevolg om dié dag aan te bied.
Die vrouewerkgroep en van die inwoners van die krisissentrum was teenwoordig. Roberts het gesê dat die vroue mussies brei met die oog op Kankermaand in Oktober.
Die SAVF verskaf die wol aan die vroue. Die werkgroep se getalle wissel tussen 28 en 36 vroue.
Altesaam twee klinieksusters van Maximed Apteek sal op 31 Augustus ’n papsmeerinisiatief bekendstel.
Afhangende van skenkings sal ’n Kersete vir die vroue gereël word, wat moontlik kospakkies sal insluit.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





