Local news

Veterane van Standerton geniet samesyn om ontbyttafel

Die veterane se projekte sluit in ’n driemaandelikse oorhandiging van kospakkies aan lede, wat in nood verkeer, en ’n kranslegging wat vir 24 September beplan word.

Standerskop se militêre veterane het op 5 Augustus hul gebruiklike maandelikse ontbyt by die Standerton Buiteklub gehou.

Dit vorm deel van hul Kolgans-projek waar kameraderie onder oud-weermaglede bevorder word.

Altesaam 33 mense het die ontbyt bygewoon en getalle wissel van maand tot maand.

Jan Bezuidenhout, voorsitter, het ’n lidmaatskapsertifikaat aan Archie Holtshauzen oorhandig en ’n eenheidsertifikaat aan ds Hans Britz.

Die veterane se projekte sluit in ’n driemaandelikse oorhandiging van kospakkies aan lede, wat in nood verkeer, en ’n kranslegging wat vir 24 September beplan word.

By laasgenoemde word gesneuweldes in die begraafplaas herdenk.

“Almal is welkom om by die veterane aan te sluit,” het Bezuidenhout gesê.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button