Local newsLocal sport

Stoeiers van Unicorklub op Evander presteer

Jonges palm goue, silwer en brons medaljes in.

Lede van die Unicor Stoeiklub het op 18 April aan die MSV Klubkampioenskap by die Sasol Stoeiklub op Secunda deelgeneem en presteer.

Die stoeiers wat goed gevaar het en verskeie medaljes huis toe geneem het is Luhan Steenkamp (goud in die Grieks-Romeinse afdeling, silwer in die vrystyl afdeling en brons in die Grieks-Romeinse Presidente afdeling), Jacques de Valence (goud in die vrystyl afdeling en brons in die Vrystyl Presidente afdeling), Wynand Prinsloo (goud in die Grieks-Romeinse- en Vrystyl afdelings en silwer in die Grieks-Romeinse Presidente afdeling) en Caleb de Almeida (silwer in die Grieks-Romeinse afdeling en brons in die Grieks-Romeinse o.11-afdeling).

Steenkamp en De Almeida is beide ook Puma-stoeiers en het knopies ontvang. Nicholas Ludeke en Theunis Nel het elk ’n goue medalje los gestoei in onderskeidelik die vrystyl- en die Grieks-Romeinse afdelings.


Luhan Steenkamp van Unicor Stoeiklub wat een goue, een silwer en een brons medalje ingepalm het. Foto: Verskaf.

Ludeke is ook ’n Pumatjie-stoeier en het ’n knopie ontvang.

Liam Jevon en Udo Dorfling het elk ’n silwer medalje in onderskeidelik die vrystyl- en Grieks-Romeinse afdelings verower.

Beide Jevon en Dorfling is ook Pumatjie-stoeiers en het knopies ontvang.

Quintin Proudfoot en Keallian Moh het elk ’n brons medalje in die Grieks-Romeinse afdeling veower het.
Beide Proudfoot en Moh is ook ’n Pumatjie-stoeiers en het knopies ontvang.

Die ander Pumatjie-stoeiers wat presteer het en knopies ontvang het is Hunder Draper en Johan Beeslaar.



ALSO CHECK: Boxing event brings action to Secunda

ALSO CHECK: Standerton Primary School learners trade uniforms for capes and crowns

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button