Local sportSchool sportSport

Willie maak opgang in motorsport

Hy het reeds op 9-jarige ouderdom aan motorsport begin deelneem.

Willie Erasmus, ’n 16-jarige gr. 8-leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, maak vinnig opgang in die Inex Legends-motorsportreeks in Suid-Afrika.
Willie het die afgelope naweek op die Phakisa-renbaan op Welkom in die algehele derde plek geëindig en opgeskuif na die vierde plek op die Suid-Afrikaanse punteleer.
Hy het reeds op 9-jarige ouderdom aan motorsport begin deelneem.
Dié goeie uitslag sal hom handig te pas kom wanneer hy in Desember vanjaar na Kalifornië in die VSA reis om Suid-Afrika in die Inex Legends-wêreld kampioenskap te verteenwoordig.
Hy het sy dank uitgespreek teenoor sy borge, Bigg Boss Auto, Liqui Molly, Rock Star, Federal en Yokohama, en ook aan sy pa wat hom ondersteun en aanspoor.
“Ek dank Jesus ook vir my spesiale talent,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button