Local sportSport

Sasol Rugbyklub kry erkenning vir puik seisoen

Klub speel in halfeindronde van die Community Cup Repechage Rugbytoernooi teen Upington.

SECUNDA – Sasol Rugbyklub het op Saterdag, 11 Oktober in die halfeindronde van die Community Cup Repechage Rugbytoernooi 37-17 teen Upington verloor.

Volgens me. Mariëtte Kruger, sekretaris van Sasol Rugbyklub, het Sasol ’n goeie seisoen gehad.

Lee Langenhoven, buitevleuel van Sasol Rugbyklub, het binne die eerste 18 minute van die wedstryd met ’n strafskop die eerste punte vir Sasol aangeteken.

Upington het egter ook vinnig punte aangeteken en ’n drie gedruk en dit verdoel.

Sasol het terugbaklei en net voor halftyd twee drieë gedruk.

Die vleuel, Tess Botha, het die eerste drie gedruk en die haker, Sibi Masina, die tweede drie.

Langenhoven het die drieë verdoel en Sasol het teen halftyd met 12-17 voorgeloop.

Sasol kon egter nie hul teenstanders na halftyd van die doellyn afhou nie en kon ook nie vir ’n drie deurdruk nie.

Die spelers van die wedstryd was Erik De Vos en Steven Jacobs.

Sasol Rugbyklub het erkenning van Duane Heath van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie gekry vir hul goeie seisoen.

Me. Kruger het namens die klub, die bestuur, spelers, ondersteuners en hul borge vir hul bydraes tot hul suksesvolle rugbyseisoen bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button