SECUNDA – Sasol 1 het Saterdag, 17 Januarie aan die Platinum Premierliga teen Sace (Witbank) Krieketklub gespeel en 188/9 in 50 boulbeurte aangeteken.
Dié liga is tussen die top ses spanne in Mpumalanga wat bestaan uit Nelspruit 1, Impala 1 (Nelspruit), Middelburg 1, Sace (Witbank), Masilikwa 1 (Ermelo) en Sasol 1.
Dylan Niemand het 58 lopies aangeteken en Sace was uit vir 148.
Ignus Koekemoer het twee paaltjies vir 17 lopies in 10 beurte geneem en Grant Truter drie paaltjies vir 25 lopies in ses beurte.
Sasol 2 het Saterdag, 17 Januarie aan die Goue Promosieliga deelgeneem en Nelspruit 2 met 198 lopies geklop.
Sasol 2 het 250 lopies aangeteken.
Gawie Nel (80*), Johan Janse van Rensburg (76) en JD van Dyk (28) was van die uitblinkers en Nelspruit is geklop.
Die boulers van die wedstryd was JD van Dyk met vyf paaltjies vir 28 lopies in 10 beurte, Diaan du Plooy met vier vir 24 in 10 boulbeurte en Christiaan Jacobs 1 met vir 0 in 1 boulbeurt.
Sasol 1 speel dié naweek teen Middelburg 1 op Secunda, terwyl Sasol 2 teen Oogies op Tweefontein.



