Local sportSport

Twee vriende durf weer die baan aan

Motorfietsbaan tussen Trichardt en Kinross is binnekort gereed vir groot wedrenne.

TRICHARDT – Twee vriende, Rudolf Pretorius (24) en Renier Kotze (23), werk hard daaraan om ’n baan vir motorfietssport op mnr. Kosie van der Merwe se plaas tussen Trichardt en Kinross op die N17-snelweg op standaard en gereed te kry vir groot wedrenne.

Hulle het mekaar by ’n wedren ontmoet en albei was vir ’n ruk weens beserings stil op die motorfietsveld en het einde verlede jaar weer begin jaag.

Pretorius het in 2011 aan motorfietskompetisies begin deelneem en Kotze in 2009.

Albei het nog altyd van ekstreme sportsoorte gehou en motorfietswedrenne was dus die volgende logiese stap vir dié twee vriende.

“Ons hou van dinge wat die adrenalien laat pomp,” het Pretorius gesê.

Hy doen ook graag vlieërseil op Leeupandam en Kotze speel muurbal.

Albei geniet dit om valskerm te spring en hulle ry gereeld bykans 50km op hule fietse.

Hulle bestee ook daagliks ’n paar ure in die gimnasium en volg ’n spesiale eetplan.

“’n Mens moet fiks wees om motorfiets te ry,” het Kotze gesê.

Al dié sportsoorte moet hulle in hul vrye tyd beoefen omdat hulle voltyds werk.

Kotze werk by ’n ingenieursfirma en Pretorius by ’n konstruksie-onderneming.

Ricky B het hul masjinerie beskikbaar gestel toe die vriende verlede jaar begin het om die baan buite Trichardt op te knap.

Hulle bied op Sondag, 8 Februarie ’n resies vir motors, motorfietse en vierwielmotorfietse op die nuwe baan aan.

Dié resies, naamlik Dirt & Dust, begin al vroegoggend en renjaers wat wil inskryf, kan op hul Facebookblad gaan kyk.

Toegang is gratis vir toeskouers.

Vir meer inligting, skakel Pretorius by 071 870 1132.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button