SECUNDA – Graceland Gholfklub se ligaspanne het op Saterdag, 7 Februarie en Saterdag, 14 Februarie teen Standerton en Bankenveld Gholfklubs meegeding.
Die Ou Toppie-span (spelers ouer as 50) se B-span het op 7 Februarie op Standerton gespeel en 6-0 verloor en die A-span het op Secunda teen Bankenveld gespeel en met ’n telling van 6-0 gewen.
Graceland het hul maandelikse Auma-beker-gholfkompetisie op 14 Februarie aangebied en Valentynsdag gevier.
Al die spelers moes rooi of pienk aantrek.
Frik Hennop het die kompetisie gewen en sy netto telling was 68.
Dié klub se Spring Chicken-span (spelers onder 50 jaar) het met Morgenzon kragte gemeet en gelykop gespeel.
Graceland meet op Saterdag, 28 Februarie kragte met Piet Retief op Secunda.
Alle gholfspelers is na Graceland Gholfklub se vleiskompetisie wat elke Woensdag plaasvind, asook die KFC Sundownerkompetisie wat elke Vrydag plaasvind, genooi.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



