Local sportSport

Bethallers gee gholf ’n ander definisie

VW Shabango is die algehele wenner van die Valentynsdagkompetisie. .

BETHAL – Die plaaslike gholfklub het op Saterdag, 14 Februarie ’n Valentynsdagkompetisie aangebied en die A-liga mansspelers het gelykop teen Volksrust geëindig en die B-liga mansspelers het 8-0 teen Standerton gewen.

VW Shabango was die algehele wenner van die dag.

Die vroue gholfspelers het op Dinsdag, 10 Februarie op Piet Retief teen Volksrust gespeel en het 3-1 gewen.

Die A-liga mansspelers speel weer op 28 Februarie teen Standerton op Standerton en die B-liga mansspelers op Bethal teen Volksrust.

Die vroue gholfspelers se volgende wedstryd is op 24 Februarie op Standerton teen Piet Retief.

Volgens mnr. Gerrie Jordaan, bestuurder, was dit ’n suksesvolle dag.

Vir meer inligting, skakel hom by 017 647 3265.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button