SECUNDA – Sabumnim (wat Taekwondo-instrukteur beteken) Johann en sy vrou, me. Cathy Beukes, groet Victory Taekwondoklub na 18 jaar.
Sabumnim Johann Beukes junior het dié klub 22 jaar gelede begin en sabumnim Beukes senior het die klub in 1996 oorgeneem toe sy seun na Amerika verhuis het.
Volgens sabumnim JP Vorster wat nou die klub oorgeneem het en ook die afgelope agt jaar as instrukteur by Victory Taekwondoklub gewerk het, het die Beukes-egpaar baie volwassenes en kinders op Secunda se lewens aangeraak.
“Die dissipline en lewensvaardighede wat by die klub geleer word, word nie net by die klub toegepas nie, maar ook in die studente se alledaagse lewens,” het sabumnim Vorster gesê.
Die Beukes-egpaar sal nog op die dorp gesien word, want hulle het net besluit om dinge rustiger te neem.
Sabumnim Vorster het die egpaar vir hul harde werk bedank.
Victory Taekwondoklub het onlangs na ’n nuwe perseel geskuif en is nou in Wrightstrat 15A geleë.
Vir meer inigting, skakel sabumnim Vorster by 082 777 2069.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



