SECUNDA – Die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi het onlangs afgeskop en die E-Lemon-Nators het die Hotshots met ’n telling van 24-17 geklop.
Die Silent Assassins het hul wedstryd teen die Tuners op Woensdag, 4 Februarie met 36-31 gewen, terwyl die Buns & Gunsspan die Underdogs met 38-15 geklop het.
Die Wurms het die Action Angels met ’n telling van 38-23 geklop.
Die Puss & Boots het hul wedstryd teen die Senoritas met 43-21 gewen en die Wolf Pack-span het die Red Bulls met 38-29 geklop.
Die tweede week het op Maandag, 9 Februarie afgeskop en die E-Lemon-Nators het die Hoops 38-23 geklop.
Die Puss & Boots-span en die Silent Assasins het op Woensdag, 11 Februarie kragte gemeet en die Puss & Boots-span het die wedstryd met 38-22 gewen.
Die Hoops en die Hotshots het ook op dié dag kragte gemeet en die Hoops het die wedstryd met 34-13 gewen.
Die Tuners en Senoritas het op Vrydag teen mekaar gespeel en die Tuners het die wedstryd met 41-24 gewen.
Die Wolf Pack-span het die Wurms op dieselfde dag met ’n telling van 41-29 geklop.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



