Local sportSport

Geen wenners of verloorders in tennistoernooi

Kinders leer beter balbeheer.

SECUNDA – Me. Annamarie Meyer, tennisafrigter, het onlangs ’n mini tennistoernooi by die Sasol Ontspanningsklub aangebied en kinders tussen die ouderdom van vyf en agt jaar oud kon deelneem.

Daar was nie wenners of verloorders nie omdat daar nie telling gehou is nie.

“Dit gaan alles oor balbeheer, samespel, die hop van die bal en om terug te slaan voordat die bal vir ’n tweede keer hop,” het me. Meyer gesê.

Volgens haar tel ’n jong tennisspeler se spoed gewoonlik baie op na so ’n toernooi.

Elke kind het ’n medalje gekry en wou reeds na die toernooi weet wanneer die volgende een gaan plaasvind.

Sy het op Vrydag, 13 Februarie ’n beginnerstennistoernooi aangebied en die jong spelers het vir die eerste keer op die hele baan gespeel.

Hulle het ook geleer hoe om telling te hou.

Vir meer inligting, skakel me. Meyer by 082 781 0208.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button