SECUNDA – Die derde week van die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi het verlede week plaasgevind en die Bunss & Guns-span het die Tuners op Maandag, 16 Februarie met 40-24 geklop.
Die E-Lemon-Nators en die Action Angels het op Woensdag, 18 Februarie kragte gemeet en die E-Lemon-Nators het die wedstryd met 51-25 gewen.
Die Tuners en die Puss & Boots-span het op dieselfde dag meegeding en die Tuners het met 32-24 gewen.
Die Silent Assassins het die Buns & Guns-span op Vrydag, 20 Februarie met 41-22 geklop, terwyl die Senorita’s die Underdogs met 42-27 geklop het en die Redbulls die Wurms met 35-24 geklop het.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



