Local sportSport

Skopboksers presteer

Sensei Louwrens Botha rig vegters af.

SECUNDA – Dewald Bezuidenhout, Jaco Naude, Riaan, en Joaquim Maia, lede van die Secunda Skopboks Akademie, het op Saterdag, 14 Februarie tydens die Ontwikkelingstoernooi in Pretoria goue medaljes verwerf.

Bertus Bezuidenhout, Duart du Toit, Christiaan Nel en Hannes du Preez het silwermedaljes ingepalm en Zander du Preez en Gesiena Visser bronsmedaljes.

Sensei Louwrens Botha rig die vegters van dié klub af.

Lede van die Secunda Skopboks Akademie het op Saterdag, 21 Februarie aan die Mpumalanga Skopboksproewe op Secunda deelgeneem waartydens ’n Suid-Afrikaanse skopboksspan gekies is.

Dié klub oefen op Maandae en Woensdage vanaf 6nm tot 8.30nm by Graceland.

Vir meer inligting, skakel sensei Botha by 072 357 5090.

 

For free breaking and community news, visit our websites:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button