Local sportSport

Cornelius en Jan wen Oosie-hengelkompetisie

Hengelaars trek groot visse uit.

TRICHARDT – Cornelius Solomon en Jan Lourens het op Saterdag, 28 Februarie Hoërskool Oosterland se Oosie-hengelkompetisie op ’n plaas tussen Trichardt en Bethal gewen.

Solomon het die grootste karp, 2.16kg, uitgetrek en Lourens die grootste baber wat 3.14kg geweeg het.

Gert van Vuuren het die tweede grootste karp van 2.12kg uitgetrek en Jan Smit en Ion van Antwerpen deel die derde plek vir die derde grootste visse.

Hul visse het albei 2.04kg geweeg.

Mnr. Andries Labuschagne van Hoërskool Oosterland het die kompetisie gereël om geld in te samel vir kinders wat dit nie kan bekostig om op rugbytoere te gaan nie.

Meer as 50 hengelaars van sover as Sasolburg het deelgeneem en mnr. Labuschagne beplan om dié kompetisie ’n jaarlikse instelling te maak.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button