SECUNDA – Die vierde week van die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi het op Maandag, 23 Februarie afgeskop en die Hoops het die Action Angels op dié dag met 62-27 geklop.
Die Silent Assassins en die Underdogs het op 25 Februarie kragte gemeet en die Silent Assassins het die wedstryd met 43-32 gewen, terwyl die Buns & Guns-span die Puss & Boots-span met 36-28 geklop het.
Die E-Lemon-Nators het die Wurms op 27 Februarie met 49-25 geklop en die Hoops die Wolf Pack-span met 36-31.
Die Redbulls en die Hotshots het ook op dié dag kragte gemeet en die Redbulls het die wedstryd met 28-21 gewen.
Die spanne speel op Maandae, Woensdae en Vrydagaande en toeskouers is welkom om die spanne te gaan ondersteun.
- Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.
For free breaking and community news, visit our websites:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
Like our Facebook page and follow us on Twitter.
For news straight to your phone invite us:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



