Local sportSport

Secunda-skopboksers neem vir MP deel

Sensei Botha en sy lede vaar goed by proewe.

SECUNDA – Lede van die Secunda Skopboks Akademie het op Saterdag, 21 Februarie presteer en die Mpumalanga-span gehaal.

Die Mpumalanga Skopboksproewe het by Graceland Casino, Hotel en Ontspanningsoord plaasgevind en skopboksers van onder andere Secunda, eMalahleni (Witbank), Witrivier en Barberton het vir ’n plek in die span meegeding.

Die Mpumalanga-span gaan binnekort in Kaapstad aan die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskappe deelneem.

Lede van Secunda Skopboks Akademie wat die span gehaal het, is sensei Louwrens Botha, Coenie de Beer, King Ellis, Riaan Nel, Tim Dorfling, Jaco Naude, Joaquiem Maia, Hannes du Preez, Dewald Bezuidenhout, Christian Nel, Ethan Ellis en Duart du Toit.

Dié klub oefen op Maandae en Woensdae vanaf 6nm tot 8.30nm by Graceland.

Vir meer inligting, skakel sensei Botha by 072 357 5090.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button