BETHAL – Die plaaslike rugbyklub se eerstespan het op Saterdag, 5 Julie met Ermelo Rugbyklub afgereken deur hulle met 25-3 te klop.
Die eerstespan se beste voorspeler was Waldo Nelson en die beste agterspeler Danie Strydom.
Bethal meet op Saterdag, 19 Julie kragte met Standerton op Standerton en die klub het belangstellendes genooi om na dié wedstryd te gaan kyk.
Bethal Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 6nm tot 8nm.
Skakel Gendal by 071 689 7616 of Quinten Proudfoot by 076 542 0845.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



