SECUNDA – Die jaarlikse Kosmos 3-in-1 Bergfietswedren vind Saterdag, 28 Maart plaas.
Die begin- en eindpunt is weer by Lake Umuzi en fietsryers kan kies tussen ’n 63km-wedren, ’n 27km-wedren, ’n pretrit of die rondtewedren.
Fietsryers kan ook aan die 3-in-1 deelneem wat uit die 63km-, 27km- en rondtewedren bestaan.
Inskrywings is by die Mokoro Konferensiesaal of aan Lake Umuzi se suidelike bank en begin reeds Vrydag, 27 Maart vanaf 5nm tot 9nm.
Ryers kan ook die Saterdag vanaf 5vm inskryf en die 63km-wedren begin om 6.30vm, die pretrit om 7.15vm. die 27km-wedren begin om 11.30vm en die rondtewedrenne begin om 3nm vir die vroue en 3.30nm vir die mans.
Vir meer inligting, skakel mnr. Hein Schmidt van MegChem Fietsryklub by 084 804 8749 of stuur ’n e-pos na cycling@megchem.co.za.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



