Local sportSport

Steval Pumas triomfeer

JC Roos blink by wedstryd uit.

SECUNDA – Die Steval Pumas het op Saterdag, 21 Maart die Assupol Limpopo Bulls met 52-0 geklop.

Die stadion was volgepak met toeskouers wat ondanks die reën, die rugby geniet het.

Al was die speelveld nat, het dit nie die Pumas gekeer om met 40-0 teen rustyd voor te loop nie.

Die Pumas het ses drieë in die eerste helfte gedruk en met vyf doelskoppe geslaag.

Weens slegte weer, is die wedstryd vroeër stopgesit. Die Pumas het toe met 52-0 voorgeloop.

Hennie Skorbinksi, Marnus Schoeman, Lambert Groenewald, Snake Nyoka, Francois du Toit en Ruwellyn Isebell het in die eerste helfte drieë gedruk.

JC Roos het vyf doelskoppe in die eerste helfte aangeteken en dit beteken die Mpumalanga Mental Health Society op Secunda het R5 000 gewen.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button