Fietsryers maak gereed
Die derde Race of Grace-bergfietswedren vind op Saterdag, 23 Mei by die Nederduits Hervormde Kerk Trichardt-gemeente plaas.
TRICHARDT – Die derde Race of Grace-bergfietswedren vind op Saterdag, 23 Mei by die Nederduits Hervormde Kerk Trichardt-gemeente plaas.
Dié fietsresies het van net meer as 200 fietsryers in 2013 tot meer as 500 in 2014 gegroei.
Fietsryers kan kies tussen vier afstande, naamlik die 10km, die 40km en die 76km asook die wedren vir kinders.
Ryers kan koffie en beskuit geniet as hulle ingeskryf het en kan ná die wedren ’n fietswasmassering kry.
Daar gaan ’n seremoniemeester wees asook kosstalletjies.
Die wins van die dag word aan verskeie welsynsorganisasies geskenk.
Belangstellendes kan op die webtuiste www.cycleevents.co.za inskryf of op 22 Mei vanaf 4nm tot 7nm by die kerk of die oggend voor die resies vanaf 6vm tot vm.
Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na raceofgrace2013@gmail.com.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



