Race of Grace-fietswedren ’n groot sukses
Die Hervormde Kerk Trichardt-gemeente bied jaarliks bergfietswedren aan.
TRICHARDT – Tobie Basson het die Race of Grace-fietswedren wat die Hervormde Kerk Trichardt-gemeente Saterdag, 23 Mei aangebied het, gewen.
Basson se tyd in die 70km-afdeling was 2:34,03.
Jaco van Vuuren was tweede met ’n tyd van 02:34,04 en Brand du Plessis was derde met ’n tyd van 02:34,04.
Francois de Klerk het die 40km-afdeling gewen met ’n tyd van 01:37,10.
Nick Pretorius was in die tweede plek met ’n tyd van 01:37,11 en Hannes du Plessis was derde met ’n tyd van 01:38,34.
Christo Coetzer (15) was die eerste fietsryer wat oor die wenstreep gejaag het in die 10km-afdeling.
Sy tyd was 00:26,44.
Brandon Esterhuizen het tweede geëindig met ’n tyd van 00:27,38 en Johan Jacobs (16) het derde geëindig met ’n tyd van 00:28,05.
Dié fietsresies het van net meer as 200 fietsryers in 2013 tot meer as 500 in 2014 gegroei, en ’n groter aantal het vanjaar deelgeneem.
Die wins van die dag is aan verskeie welsynsorganisasies geskenk.
Fietsryers het aan vier afstande, naamlik die 10km, die 40km, die 75km en ’n wedren vir kinders deelgeneem.
Die Hervormde Kerk Trichardt-gemeente bied jaarliks dié bergfietswedren aan en oud en jonk is welkom om deel te neem.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590






