Local sportSchool sportSport

Jong spelers presteer tydens Goldi Week

Laerskool Standerton se 0/13-krieketspan het by die 27ste Goldi Krieketweek geseëvier.

Laerskool Standerton se 0/13-krieketspan het by die 27ste Goldi Krieketweek geseëvier nadat hulle Laerskool Ladybrand op 2 Julie met drie paaltjies geklop het.

Die 0/11-eindstryd is deur Laerskool Ladybrand teen Laerskool Standerton met nege paaltjies beklink.

Die week het op 28 Junie begin waar ses laerskole, Laerskool Standerton, Laerskool Truida (Bethlehem), Laerskool President (Klerksdorp), Laerskool Trichardt, Laerskool Ladybrand Primêr en Laerskool Rapportryer (Randfontein) teen mekaar kragte gemeet het.

Die laerskole het vier ouderdomsgroepe gestuur naamlik 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13.

Die skole het onder meer in 20 beurte, Pro 12 en 30 beurte deelgeneem.

Vanjaar was die 19de jaar wat Goldi die hoofborg was.

 

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button