Sport

Pa speel saam drie seuns rugby

Pa speel rugby saam met sy drie seuns.

Geskiedenis is Saterdag 25 Julie gemaak toe vier van die Groenewald-gesin op die rugbyveld uitgedraf het.

Benna (sr), Benna (jr), Riaan en Reynhard het vir Standerton DeKalb Rugbyklub se tweedespan teen Loskop (Groblersdal) op Middelburg uitgedraf.

Riaan is benoem as voorspeler van die wedstryd, terwyl Benna (sr) as agterspeler gekies is.

Benna (sr) se oorspronklike plan was om net vir ’n paar minute op die veld te bly, maar hy het so lekker saam met die jongmanne baljaar dat hy byna die hele wedstryd gespeel het.

Benna (sr) het eers as losskakel, toe skrumskakel, toe flank en sommer ook as haker meegeding.

Die span, met die hulp van die Groenewalds, het die wedstryd 26-18 gewen.

Lees die wedstrydverslag in vandeesweek se Standerton Advertiser.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button