Stoeiers van Sasol Stoeiklub het op Vrydag 24 Julie aan die “Night of the Stars” Stoeitoernooi in Turffontein deelgeneem.
Altesaam 24 van die land se beste stoeiers is gekies om hieraan deel te neem.
Nico van den Berg het in die Kadet Vrystyl Afdeling teen die Suid-Afrikaanse Kadet Vrystyl kampioen, Edrich Nortje, gestoei.
Nico het die wedstryd met gewen deur agt punte aan te teken teenoor sy teenstander se twee punte.
Nico se afrigter en president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, het die klub se trots uitgespreek.
Nico berei hom tans voor vir die Kadet Wêreld Vrystyl Kampioenskap wat vanaf 23 tot 28 Augustus in Bosnia & Herzegovina plaasvind.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



