Die Erries se tennisseisoen het verlede naweek met die Mpumalanga-proewe afgeslaan.
Die proewe vind slegs op uitnodiging plaas en spanne wat hier gekies is, sal later vanjaar aan die SA Skoleweek deelneem.
Die proewe is op ’n toernooibasis gespeel en die spelers kon slegs in die 0/15- en 0/19-ouderdomsgroepe deelneem.
Slegs ses spelers per ouderdomsgroep is op grond van hul goeie uitslae verlede jaar en prestasies tydens die distriksproewe genooi om deel te neem.
Tom Slabbert (S0/15) het ’n tweede plek behaal en Stefan Kemp (0/19) het derde in sy groep geëindig.
Jean Beukes het weens ’n besering aan die toernooi onttrek.
In die D 0/19-afdeling was Lesshika Vala die wenner met Helé Schutte in die sesde en Desireé Jordaan in die negende plek.
Stefan Kemp, Helé Schutte, Lesshika Vala en Tom Slabbert is in die Mpumalangaspan ingesluit
Die Erries se eerste seun- en dogterspanne is genooi om van 11 tot 14 Februarie aan die Groot 5-toernooi teen topskole vanoor die land in Nelspruit deel te neem.