School sportSport

Hoërskool Secunda wen Interhoër

Secunda wen Hoëveld Grootskole Interhoër op Ermelo.

SECUNDA – Hoërskool Secunda is die 2017 Hoëveld Grootskole Interhoërwenners.

Dit is die tweede keer in drie jaar dat Secunda dié titel wen.

Dié atletiekbyeenkoms het Saterdag, 18 Februarie op Ermelo plaasgevind en agt skole van Mpumalanga het deelgeneem.

Hoërskool Secunda het met ’n gekombineerde telling van 550 punte gewen.

Die naaswenners is Hoërskool Ermelo met 494.5 punte en kort op hul hakke is Hoërskool Standerton met 467 punte.

Hoërskool Hoogenhout het ook goed gevaar met 408 punte.

Ligbron Akademie het 374.5 punte aangeteken, Hoërskool Volksrust 275, Hoërskool Piet Retief 257 en Hoërskool Generaal Hertzog 215 punte.

Verskeie atlete van Hoërskool Secunda het top toekennings verwerf.

Lolla Mokoena is aangewys as die beste senior naellope dogter en die Victrix Ludorum.

Aldrin Willemse is die beste senior seun in die middel- en langafstande en Michelle Parks is die beste junior en senior dogter in die middel- en langafstande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button