School sportSport

Wintersport het in bibberweer gekook

Die koue bibberweer het nie die toeskouers afgesit nie en die ondersteuning op die pawiljoen het kort-kort hoorbaar deurgekom.

Hoërskool Piet Retief het die Bakgat-Koninkryk betree by Hoërskool Standerton met die wintersport wat op 13 Mei beslis is, twee rugbyspanne van SHS kon daarin slaag om koning te kraai maar die res het nederlae gely.

Die O/16A van SHS het vir Piet Retief 17-7 geklop en die tweedespan het oortuigend met 13-0 as wenners van die veld gestap.

Die eerstespan het egter teleurgestel met ‘n eindtelling van 41-19.

Die bibberweer het nie die toeskouers afgeskrik nie en die ondersteuning op die pawiljoen was kort-kort merkbaar.

Lees die volledige uitslae van die wintersport in die volgende Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button