School sportSport

Laerskool Breyten blink uit op sportveld

Laerskool Breyten behaal agt eerste plekke, drie tweede plekke en twee derde plekke by ASA Mpumalanga-landloopbyeenkoms op Piet Retief.

Laerskool Breyten het die afgelope naweek met welslae aan afsonderlike sportbyeenkomste en -aktiwiteite deelgeneem.

In die Gert Sibande-skaaktoernooi wat by Laerskool J.J. van der Merwe aangebied is, het twee leerders, Zethu Nkosi en Philasande Khubeka, deurgedring na die Mpumalanga-spele vir 0/13-seuns en -dogters wat op 10 Junie in Middelburg plaasvind.

Tydens die ASA Mpumalanga-landloopbyeenkoms wat op Piet Retief plaasgevind het, het Laerskool Breyten-atlete agt eerste plekke behaal asook, drie tweede plekke en twee derde plekke.

Die Gert Sibande-jukskeibyeenkoms is by die A.J.Swanepoel-stadion in Ermelo aangebied en twee Laerskool Breyten-spanne het deurgedring na die Mpumalanga-byeenkoms op 10 Junie. Die twee spanne was ook die Gert Sibande-wenners.

Op die rugbyveld het Philasande Ntshapela aan die Mpumalanga-proewe deelgeneem en is as linkervleuel in die Mpumalanga-span opgeneem.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button