School sportSport

Hoërskool Oosterland se wintersportspanne blink uit

Die S0/16A-span het onder andere Hoërskool Volksrust met 55-0 geklop, Hoogenhout met 28-8 en het in die halfeindstryd teen Lowveld High School met 32-0 geseëvier.

Hoërskool Oosterland se wintersportspanne het dié seisoen goed gevaar.

Die tweede rugbyspan en S0/16A-span is deur na die Mpumalanga-eindstryd wat in Julie gespeel gaan word.

Die S0/16A-span het onder andere Hoërskool Volksrust met 55-0 geklop, Hoogenhout met 28-8 en het in die halfeindstryd teen Lowveld High School met 32-0 geseëvier.

Dit is die derde jaar in ’n ry dat dié span na die eindstryd deurgedring het.

Hulle was in 2015 en 2016 die Mpumalanga-wenners in hul ouderdomsgroep.

Die S0/16-span spog met vyf Puma-spelers, naamlik Heinrich Eksteen, Gerhard Engelbrecht, Nico du Plessis, Eurian Fourie en Elmar Coetzer.

Die Oosie-afrigters, mnre. Andries Labuschagne en Herman Swart, rig ook die 0/18- en 0/20 SA Rhino-sewesspanne af.

Hulle toer vanaf 11 tot 21 Julie na Texas vir seweswedstryde teen onder andere Nieu-Seeland, Argentinië en Tonga.

Een van Oosterland se gr. 11-rugbyspelers, Katlego, is deel van die 0/18-span.

Drie van die seunshokkiespanne het na die Mpumalanga-uitspeelrondes deurgedring en die D0/15-hokkiespan het tweede in Mpumalanga geëindig nadat hulle 2-2 teen Uplands gespeel het in die eindstryd.

Die D0/14- en D0/15-netbalspanne is deur na Mussa.

Op die gholf-front, het die Oosies se tweede gholfspan tweede in die liga geëindig.

Daar is groot opgewondenheid oor dié span omdat die hele span uit 0/14-spelers bestaan.

’n Blink toekoms wag op hulle as hulle vir die volgende vyf jaar kan volhou met prestasies.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

“Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button