School sportSport

MLA se bors swel van trots

Dié span dring nou na die Virseker Beker se uitspeelwedstryde deur.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) se 0/19-rugbyspan, oftewel die “Stallions” is as Mpumalanga Kleinskole Ligawenner aangewys.

Die eindstryd is teen Hendrina met ’n telling van 69 – 14 beslis.

Kyle Coetzee het drie drieë, Christo Ferreira twee, Ruan Nortje twee en Wimpie Oosthuizen, Cobie Roux, Shaun Clifton-Smith en Zander Gunter elk een drie aangeteken.

Zander Gunter het met sewe doelskoppe geslaag.

Dié span dring nou na die Virseker Beker se uitspeelwedstryde deur.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button