Laerskool Standerton se Jomi Louwrens spog met goue medalje
Ongeveer 450 atlete het ingeskryf, wat verskeie baan- en velditems ingesluit het.
Jomi Louwrens van Laerskool Standerton spog met ‘n goue medalje vir gewigstoot wat sy tydens die onlangse Down-sindroom Atletiekbyeenkoms verower het.
Dit is die tweede jaar dat die byeenkoms aangebied word.
Die geleentheid was meer ‘n pretdag verlede jaar, maar vanjaar was amptelik met tydhouers, asook rekords wat aan die internasionale standaarde voldoen het.
Me. Magda Lourens van die Vereniging van Down-sindroom het gesĂȘ mense met Down-sindroom is histories gemarginaliseer met betrekking tot deelname aan sport.
Sy het ook gesĂȘ dit is waarom die vereniging daarop mik om sportgeleenthede vir diegene met die sindroom te skep.
Die vereniging se sportklub het verlede jaar die eerste Down-sindroom-atletiekdag aangebied wat die grootste in sy soort in Suid-Afrika is.
Sowat 300 atlete het byeengekom.
Volgens me. Lourens wou hulle inwoners, gesinne en mense met Down-sindroom deur middel van georganiseerde sport verenig.
“Sport speel so ‘n fundamentele rol in fisiese en geestelike ontwikkeling en vaardighede wat geleer word tydens deelname aan sport en dit dra tot die holistiese ontwikkeling van die atleet by.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
Inligting: Pretoria East Rekord



