Rolbalkampioenskappe op Secunda reën uit na twee rondtes
Toernooi sal in Januarie hervat word
SECUNDA – Die Hoëveld mans ope- en senior rolbalkampioenskap het die afgelope naweek by die Sasol Rolbalklub plaasgevind, maar spelers kon net twee rondes voltooi voordat die reën die toernooi gekelder het.
Lanie Nel van Secunda was die wenner van die ope-afdeling na twee rondes, terwyl Johann Jansen, ook van Secunda, tweede geëindig het, Desmond Visser van Standerton en Vaino Prinsloo van Ermelo het albei derde geëindig.
In die senior-afdeling het Sticks Steyn van Ermelo met die eerste plek weggestap, terwyl Koos Jonker van Secunda tweede geëindig het, Theuns Coetzer van Ermelo derde en Callie van der Hoven van Secunda vierde.
Die toernooi sal op 12 Januarie volgende jaar weer hervat word en dan sal die laaste drie rondes gespeel word.





