Rolbalspelers laat houte rol en vang gees
Altesaam 56 spelers het die hitte trotseer tydens die kompetisie en mekaar aangemoedig voordat die bal noukeurig dopgehou is nadat die hout gerol is.
Standerton Rolbalklub het Saterdag 19 Oktober hul jaarlikse geborgde Spar-dag aangebied met Lanie Nel se Secunda-span wat eerste geëindig het.
Altesaam 56 spelers het die hitte trotseer tydens die kompetisie en mekaar aangemoedig voordat die bal noukeurig dopgehou is nadat die hout gerol is.
Die eerste spel was vanaf 8.30vm tot 10.30vm vir die welkome lafenis van teetyd, die tweede spel vanaf 11nm tot 1nm en die derde spel vanaf 2nm tot 4nm.
Gerrit van Rooyen se span van Secunda het die tweede plek behaal en Lappies Labuschagne se span, ook van Secunda, was derde.
Die span met die beste gees was die Flintstones.

Vir meer foto’s klik op die skakel: Standerton Rolbalklub bied Spar geborgde dag aan