Henro Lewies is kampioen van Bethal Gholfklub
Die titel van kampioen was aanvanklik 'n stryd tussen Lewies, Nortier en MG Snyman.
BETHAL – Henro Lewies is Saterdag as Bethal Gholfklub se kampioen gekroon.
Hy het daarin geslaag om Bertus Nortier met twee houe te klop.
Die titel van kampioen was aanvanklik ‘n stryd tussen Lewies, Nortier en MG Snyman.
Lewies het van die begin af voorgeloop nadat hy 36 houe oor die eerste nege putjies gespeel het, teenoor Nortier se 39 en Snyman se 43.
Snyman het egter goed teruggekom oor die tweede nege putjies deur 38 houe te speel, teenoor Nortier se 42 en Lewies se 42.
Lewies het egter ná 18 putjies steeds met drie houe voorgeloop.
Oor die volgende nege putjies het Nortier puik gespeel deur 36 aan te teken, teenoor Lewies se 38 en Snyman se 41.
Oor die laaste nege putjies het Snyman op sy beurt ‘n skitterende 37 houe gespeel teenoor Lewies se 39 en Nortier se 40.
Lewies het uiteindelik 155 houe oor 36 putjies gespeel.
Nortier het 157 gespeel en Snyman 159.
Wilma van Vuuren is die vroue-kampioen. Sy het ‘n totaal van 188 houe oor 36 putjies gespeel.
Snyman het die A-afdeling se netto gewen met sy 137, terwyl Speelman Sindane tweede was met 148.
Die mans se B-afdeling is gewen deur Franna Berry met ‘n 137 netto, terwyl Nico van Vuuren die C-afdeling gewen.




