Local sport

Hengelaars kap 60 vis vas by Standerton

Die visse het op 'n gesamentlike gewig van 50.85kg ingeweeg.

Die Meyerville Hengelklub het op 13 Junie hul klubkompetisie by Standerton Waters aan die Grootdraaidam gehou.

In totaal het 49 hengelaars deelgeneem, waarvan 15 besoekers was. ’n Totaal van 60 vis is gevang met ’n gesamentlike gewig van 50.85kg.

Die “Vis van die Dag” het gegaan aan die swaarste baber wat gevang is.

Veterane

  • Die eerste was Bossie Bosman met drie visse en ’n gewig van 2.78kg.
  • Tweede was Hennie van Loggenberg met ‘n vis 0.620kg.

Meestermans

  • Die eerste was Richard Hills met vyf vis en ’n gewig van 2.44kg.
  • Tweede was Hennie van Jaarsveld met ‘n vis van 2.52kg.

Seniors

  • Die eerste was Flippie Botha met ses visse en ’n gewig van 3.96kg.
  • Tweede was Danny Bosman met vier visse en ’n gewig van 1.66kg.
  • Derde was Dirkie Erasmus met vier visse en ’n gewig van 1.62kg.

Meestervroue

  • Die eerste was Rina Bosman met twee visse en ’n gewig van 1.6kg.
  • Tweede was Charmaine van Blerk met twee visse en ’n gewig van 1.16kg.

Vroue

  • Eerste was Tamzon Reddy met sewe visse en ’n gewig van 9.26kg.
  • Tweede was Nadia Jonker met twee visse en ’n gewig van 1.2kg.
  • Derde was Charlize Bosman met ‘n vis van 0.670kg.

Juniors

  • Die eerste was HJ van Loggenberg met twee visse en ’n gewig van 1.56kg.
  • Tweede was Michael van Jaarsveld met ‘n vis van 0.700kg.

Penkoppe

  • Eerste was Luca Botha met 2 visse en ’n gewig van 0.800 kg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Mphikeleli Masangu

I've been a journalist for 17 years, first as radio journalist and then print. I have a matric senior certificate and a community journalism certificate from the Unisa. I am a strong investigative, political, municipal and hard news journalist.

Related Articles

Back to top button