Duiwe vlieg ver om hul tuiste op Secunda te bereik
Posduiwe neem deel aan wedvlugte vanaf Noord-Kaap en Vrystaat.
Lede van die Sasol Posduifklub se vernuf is getoets toe hul wedvlugduiwe op 4 Julie onderskeidelik vanaf Modderrivier in die Oos-Kaap en Bloemfontein in die Vrystaat na Secunda en omliggende omgewings, gevlieg het.
In die jongvoëlsafdeling in die wedvlug vanaf Modderrivier, was dit Koot Meyer se duiwe wat uitgeblink het en eerste, tweede, derde, vierde en agtste plekke behaal het.
Die Steyn Familie se duiwe het vyfde en sewende plekke behaal terwyl duiwe van De Nysschen-hokke sesde, negende en 10de plekke behaal het.
In die ope-afdeling, ook in die wedvlug vanaf Modderrivier, was dit James Allison se duiwe wat skoonskip gemaak het en eerste, tweede, derde, vierde, vyfde en sewende plekke behaal het.
Een van die De Nysschen-hokke se duiwe het sesde geëindig terwyl Koot Meyer se duiwe agtste en negende plekke behaal het en een van die Steyn Familie se duiwe 10de geëindig het.
James Allison se duiwe het ook in die jongvoëlsafdeling in die wedvlug vanaf Bloemfontein behoorlik uitgeblink en eerste, tweede, derde, vierde en sesde plekke behaal.
Een van die Kotze-gesin se duiwe het ’n vyfde plek behaal terwyl Koot Meyer se duiwe sewende en 10de plekke behaal het en die Steyn Familie se duiwe agtste en negende geëindig het.
In die ope-afdeling, ook in die Bloemfontein-wedvlug, was dit weer eens James Allison se duiwe wat die meeste plekke ingepalm het en eerste, tweede, derde, vierde, sesde, agtste en negende geëindig het.
Een van Koot Meyer se duiwe het vyfde geëindig terwyl die Kotze-gesin se duiwe sewende en 10de plekke los gevlieg het.



