Groot opkoms en goeie vangste by Meyerville Hengelklub-kompetisie
48 hengelaars het deelgeneem.
Die visse het behoorlik gebyt tydens die Meyerville Hengelklub se hengelkompetisie wat onlangs by Grootdraaidam gehou is.
Altesaam 48 hengelaars, waarvan 12 besoekers was, het aan die kompetisie deelgeneem. ’n Totaal van 109 visse is gevang met ’n gesamentlike gewig van 97,188 kg.
Die swaarste karp van die dag is deur Richard Hills gevang.
Veterane
Hennie van Loggenberg was die wenner met twee visse wat saam 1,040kg geweeg het.
Meestermans
Richard Hills het die afdeling gewen met 10 visse en ’n totale gewig van 6,840kg.
Hennie van Jaarsveld was tweede met een vis van 0,620kg.
Richard Hills het ook die vis van die dag in dié afdeling gevang.

Seniors
Riaan Engelbrecht het eerste geëindig met nege visse wat saam 15,280kg geweeg het.
Danny Bosman was tweede met agt visse en ’n totale gewig van 7,420kg, terwyl Dirkie Erasmus derde was met agt visse en ’n gewig van 5,720kg.
Die vis van die dag is deur Riaan Engelbrecht gevang.
Meesterdames
Desiry Oelofse het die afdeling gewen met vier visse wat 2,700kg geweeg het.
Charmaine van Blerk was tweede met vier visse en ’n gewig van 2,540kg.
Maggie van Loggenberg het derde geëindig met drie visse wat saam 1,360kg geweeg het.

Dames
Marli van Biljon het eerste geëindig met 12 visse en ’n totale gewig van 18,020kg.
Charlize Bosman was tweede met sewe visse wat 4,020kg geweeg het.
Rose Coetzee was derde met drie visse en ’n gewig van 1,640kg.
Marli van Biljon het ook die vis van die dag in die afdeling gevang.
Juniorseuns
HJ van Loggenberg het die juniorafdeling gewen met vier visse wat saam 2,420kg geweeg het.
Michael van Jaarsveld was tweede met twee visse en ’n gewig van 2,220kg, terwyl Keanu Lottering derde was met een vis van 0,680kg.
Michael van Jaarsveld het die vis van die dag gevang.
Junior-juniors
Weanco Lottering was die wenner met vier visse wat saam 2,480kg geweeg het.
Hy het ook die vis van die dag gevang.



