
Twee bekende bakens aan die begin van Van Wykstraat (aan Davidsonville se kant) word deur vandale gestroop.
Die trekker en wa dateer definitief uit die vorige eeu maar hoe oud dit is kon nie bepaal word nie. By die Stadsraad kon daar ook nie presies vasgestel word aan wie die twee geskiedkundige plaasimplemente behoort nie.
Albei is van hout en groot dele yster gestroop, laasgenoemde word moontlik aan skrootwerwe verkoop en die hout word dalk gebruik vir niks anders as vuur maak nie.
Met die Record se besoek het talle leeglêers op die gras gelê en was die area vervuil van die rommel.
‘n Anonieme bron by die Stadsraad het gesê dat alhoewel hulle simpatie het met die publiek se sentimente, is dit te duur en dalk te laat om die twee te herstel.
Indien enige inwoners meer inligting kan verskaf rakende die twee oudhede kan hulle gerus die Record se kantore skakel.